Akademie

Doringkloof verskaf sedert 1997 parallel-medium onderrig in beide Engels en Afrikaans. Ons skool is bekend vir sy uitstekende akademiese rekord en ons trots opself op die handhawing van hoë akademiese standaarde in ‘n koesterende omgewing.

Sport

Hier by Doringkloof glo ons dat skoolgebaseerde sport ‘n belangrike deel van u kind se totale opvoedkundige ervaring is . Wanneer kinders aan sport deelneem is dit tot voordeel van hulle fisiese, sosiale en geestelike ontwikkeling . Om hierdie rede focus ons by Doringkloof op deelname en wanneer ons wen is dit net ‘n bonus!

Kultuur

Doringkloof glo dat deelname aan ‘n kulturele aktiwiteit kinders help om beide sukses en mislukking positief te verwerk, asook om sosiale vaardighede te ontwikkel en nuwe vriendskappe te bou. Wanneer kinders op die verhoog optree bou hulle selfvertroue en word hulle meer selfversekerd; wat dan ‘n positiewe invloed op leierskap vaardighede het.

Gedagte vir die week

Die funksie van onderwys is om individue te leer om intensief te dink en om krities te dink. Intelligensie plus karakter – dit is die doel van ware opvoeding.
Martin Luther King, Jr.

Belangrike Nuus

Sien nuusbriewe hieronder.